Riglyne vir opvoedingskommunikasie in die lessituasie

Get Started. It's Free
or sign up with your email address
Rocket clouds
Riglyne vir opvoedingskommunikasie in die lessituasie by Mind Map: Riglyne vir opvoedingskommunikasie in die lessituasie

1. Die buigsaamheidsmoment: Buigsaamheid moet gekommunikeer word. Studente se opvattings en doelstellings is ook belangrik. 'n Onbuigsame onderwyser stel dikwels onredelike eise waaraan leerlinge nie kan voldoen nie. Te hoe eise belemmer leerlinge se selfaktualisering. Doodgekorrigeerde leerlinge ontstaan- in 'n gedragstyl ingedwing, inisiatief word gesmoor, leerling doen eerder niks as om te fouteer.

2. Die moment van erkenning van die ander: Dis 'n fundamentele sosiale handeling om jou medemens te erken. Teenoorgestelde van erkenning=Ontkenning/miskenning.Elke leerling moet in sy realiteit en in sy identiteit erken word.

2.1. Miskenning veroorsaak

2.1.1. Manipulasie

2.1.2. Objektivering

2.1.3. Depersonalisering

2.1.4. Minderwaardigheid

2.1.5. Onsekerheid

2.1.6. Angs

2.2. Riglyne waarop leerlinge deur prysing die erkenning behoort te ontvang wat hul verdien

2.2.1. Onderwyser moet leerling op 'n eenvoudige en direkte manier prys (nie oordrewe wat oneg voorkom nie)

2.2.2. Lofuitinge is meer doeltreffend wanneer dit op 'n reguit, verklarende wyse uitgespreek word (eerder as aanstellerige wyse wat neerbuigend voorkom)

2.2.3. Dit moet duidelik gestel word dat dit die spesifieke optrede of prestasie is wat geprys word. Enige tekens van inspanning behoort erken te word.

2.2.4. Onderwyser moet van 'n groot verskeidenheid woorde gebruik maak wanneer hy leerling prys (wanneer hy dieselfde uitdrukking gebruik word dit betekenisloos)

2.2.5. Wanneer die onderwyser 'n leerling verbaal prys, moet hy ook sy goedkeuring nieverbaal aan die leerling kommunikeer (anders laat dit die leerder onseker en wantrouig voel)

3. Die rasionele moment: Dit gaan hier om die ken, verstaan en begryping van die leerling. Die onderwyser moet empaties begryp hoe die leerling die lessituasie belewe, begrypene wegskenkende liefde is die kern van die opvoedingsverhouding. Deur begrip en liefde skenk die onderwyser aan die kind die 'weg' tot selfaktualisering. Die rasionele moment in die opvoedingskommunikasie impliseer dat die onderwyser moet poog om begrip en waardering te toon vir agtergrondverskille.

4. Die ontmoetingsmoment: Die leerling moet van alle 'moet' onthef word sodat hy vry kan voel om homself te wees. Opvoeding het 'n dialogiese karakter. Opvoedingskommunikasie in die lessituasie moet aan die leerling relatiewe pedagogiese vryheid bied.

4.1. Die teendeel is geforseerde kommunikasie waar die betrokkenes nie onthef is van verpligting ten opsigte van mekaar nie. Daar moet telkens gewik en weeg word oor wat om vir die ander te sê. Hierdie kontak ontbreek natuurlikheid, spontaniteit en optimale self-wees.

4.2. Optimale self-wees beteken egtheid. Die leerling wil nie 'n onderwyser in 'n klas aantref wat toneelspeel/voorgee nie. Onderwyser moet spontaan en opreg kommunikeer.

4.3. Ontmoeting hier beteken dat hy onthef word van alle verkeerde pedagogiese moet, van onsimpatieke gesagsleiding en dwang, en van oormatige ingryping wat telkens negatief is.

5. Die gespreksmoment: Kommunikasie in die lessituasie moet nie 'eenrigtingverkeer' wees nie. Die tweegesprek is onmisbaar vir menslike selfaktualisering. Opvoeding is 'n ontvouende dialoog. Leerlinge soek na geleenthede om hulle uit te druk, soek na 'n gespreksgenoot wat empaties luister=aanvaarding. Leerling wil in lessituasie voel hy lewer hy postiewe bydrae. Tweegesprek=demokraties. Eensydig=meerderwaardig/outokraties.

6. Die waarde-oordragmoment: Daar kan nie gekommunikeer word met leerders sonder om waardes oor te dra nie. Behoorlike opvoedingskommunikasie is normatief van aard. Die leerling leer deur onderwyser se voorbeeld te volg=selfaktualisering. Leerling leer handel en werklikheid interpreteer. (interpretasie van objektiewe feitelikhede[kognitief] as subjektiewe belewing [affektief].

6.1. Deur die wyse waarop die onderwyser met sy leerlinge kommunikeer gee hy te kenne dat dit vir hom waardevol is om keurige taal te gebruik, om hulle met respek te behandel ens. Dit is sinvolle interaksie.

6.2. Sinlose kommunikasie=waar waardes ontoereikend oorgedra word, of waar onaanvaarbare waardes oorgedra word, maw 'n ontoereikende opvoedingsinhoud.

7. Die moment van intersubjektiwiteit: Egte opvoedingskommunikasie is 'n subjek-subjek-ontmoeting. (Leerling is vir die onderwyser subjek [persoon] en objek [ding] nie).Interpersoonlike kommunikasie: die ek-jy-verhouding wat die mens werklik tot mens maak. Moet in medemens geïnteresseerd wees en sodoende maak dit jouself ook ryker as mens.

8. Die moment van pedagogiese distansie: Onderwyser moet hom geleidelik onttrek van die leerder vir selfstandigwording. Distansielose kommunikasie=sosiale omgang veroorsaak walglike familiariteit wat die onderwyser sy gesag en waardigheid as opvoeder laat prysgee.

8.1. Distansielose kommunikasie

8.1.1. Probeer leerling se guns wen

8.1.2. Probeer gewild wees by klas

8.1.3. Laat toe dat hul hom op sy voornaam noem

8.1.4. Trek soos leerlinge aan

8.1.5. Bespreek leerlinge

8.1.6. Deel in leerlinge se kritiek op ander onderwysers

8.1.7. Help om skoolreëls te oortree

8.1.8. Onaanvaarbare grappe

8.1.9. Bespreek sy persoonlike probleme

8.1.10. Laat toe dat hul hom op sy voornaam noem

9. Toeligting: Ontoereikende kommunikasie-

9.1. Negatiewe kommunikasie: "Ek hou nie van hierdie treurige spul nie."

9.2. Outokratiese kommunikasie: "Ek is baas en julle het geen sê nie."

9.3. Ontkennende kommunikasie: "Ek het vrede dat julle nie verstaan nie en nie kan aangaan nie."

9.4. Begriplose kommunikasie: "Moenie vir my kom sê die werk is te veel of te moeilik nie."

9.5. Eensydige kommunikasie: "Ek laat nie vrae, bespreking, kommentaar of kritiek toe nie."

9.6. Objektiverende kommunikasie: "Ek gee nie om as julle druip nie solank ek net my salaris kry."

9.7. Distansielose kommunikasie: "Noem my maar op my voornaam."

9.8. Sinlose kommunikasie: Enige vloekwoorde wat gebruik word.

9.9. Onbuigsame kommunikasie: "Ek het klaar gepraat. Ek verander nie my opdrag omdat julle probleme ondervind nie."

10. Die toereikende verwerkliking van kommunikasie-essensies in die lessituasie

11. Die emosiemoment: Egte gevoelskontak is die enigste basis en werklikheid van opvoeding. Positiewe kommunikasie=positiewe identifikasie+vertroue.

11.1. Riglyne vir die onderwyser

11.1.1. Wen leerling se vertroue

11.1.2. Toon vertroue in leerling

11.1.3. Toon aanvaarding van leerling

11.1.4. Toon eerbied vir sy waardigheid

11.1.5. Toon egte belangstelling en besorgdheid

11.1.6. Laat leerling veilig en geborge gevoel

11.1.7. Stabiele gevoelsverhouding met leerling opbou

11.1.8. Help leerling met sy probleme

12. Die magsmoment: Demokratiese gesagshouding word verkies bo outokraties. Gesag is noodsaaklike voorwaarde vir opvoeding. Sonder gesag leer die kind nie saamlewe nie. Leer nie norme en waardes en gehoorsaamheid ken nie.Sosialisering ly skade.

12.1. Gesag gee aan die leerder

12.1.1. Sekerheid

12.1.2. Stabiliteit

12.1.3. Geborgenheid

12.2. Die grondslag van 'n gesagsverhouding

12.2.1. 'n Positiewe gevoelsband

12.2.2. Vertroue

12.2.3. Identifikasie

12.2.4. Liefde

12.3. Die kommunikeer van gesag in die lessituasie

12.3.1. Die stel van norme

12.3.2. Regulering

12.3.3. Dissiplinering

12.3.4. Stel van grense van eise en selfbeperking